Guglielmo Marconi

Guglielmo Marconi
Geboortenaam Guglielmo Giovanni Maria Marconi
Gebore 25 April 1874
Palazzo Marescalchi, Bologna, Italië
Oorlede 20 Julie 1937
Rome, Italië
Blyplek Italië
Nasionaliteit Vlag van Italië Italië
Alma mater Universiteit van Bologna
Doktorale promotor(s) Augusto Righi
Bekend vir Radio
Toekennings Nobelprys vir fisika (1909)
Albert-medalje (1914)
Franklin-medalje (1918)
IEEE Erepenning (1920)
John Fritz-medalje (1923)
Handtekening

Guglielmo Marconi (Bologna, 25 April 1874Rome, 20 Julie 1937) was 'n Italiaanse uitvinder, en bekend as die vader van langafstand radio.[1] Hy het die eerste radio telegraafstelsel ontwikkel, en daarmee draadlose kommunikasie tussen kontinente moontlik gemaak. Hy het ook Marconi se wet geformuleer. Marconi word soms bestempel as die uitvinder van die radio, en hy het die Nobelprys vir fisika in 1909 met Karl Ferdinand Braun gedeel vir die "herkenning van hulle bydra tot die ontwikkeling van draadlose telegrafie".[2] Marconi het die firma The Wireless Telegraph & Signal Company in 1897 in Brittanje gestig, en later daarmee die eerste kommersiële sukses in radio bereik. Hy het gereeld op die werk van ander fisikuste en eksperimenteerders staat gemaak, en daarop voortgebou.[3] Marconi het in 1924 die Italiaanse adellike titel markies ontvang, en dus Marchese Marconi geword.

  1. Guglielmo Marconi – The father of long distance radio communication – An engineer's tribute, European Microwave Conference, 1995
  2. "The Nobel Prize in Physics 1909" (in Engels). Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Junie 2018. Besoek op 8 Oktober 2017.
  3. [1] Icons of invention: the makers of the modern world from Gutenberg to Gates

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search